Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

UNISA Press

@ Sunday Times Books LIVE

Marié Heese gesels oor die heruitgawe van Haiku for Africa en die aard van die haikoe

Haiku for Africa“Marié Heese se bundel Haiku for Africa was die eerste digbundel wat Unisa Uitgewers in 1997 gepubliseer het. Nou verskyn die bundel in ’n bygewerkte heruitgawe,” skryf Amanda Botha vir Rapport. Sy het met Heese gesels oor hierdie besonderse boek, die haikoe as digvorm, die titel van die bundel, Heese se aangetrokkenheid tot die Afrika-landskap en die samekoms van kuns en woordkuns in die vertolking van hierdie werk.

“Die aard van die haikoe hou nou verband met die natuur. Tradisioneel is daar in elke haikoe ’n woord wat ’n aanduiding gee van die seisoen, hoewel nie altyd direk nie. So byvoorbeeld sou “padda” dui op lente. Ek hou my nie streng daarby nie, maar die meeste van my gedigte handel wel oor die natuur,” sê Heese.

’n Haikoe is ook al beskryf as die kuns om vervlietende momente met ’n hand vol woorde vas te vang.

Wat trek jou na die haikoe aan?

Ek dink dis eerstens die filosofie daaragter, en dit is die intense belewenis en vaslegging van ’n betekenisvolle oomblik. Die digter se oog, se waarneming, vang dan daardie moment vas. (In Engels staan dit bekend as “the haiku moment”.)

Ook die elliptiese stelwyse trek my. In ’n goeie haikoe, soos in elke goeie gedig, staan daar meer as wat direk gesê word.

En dan geniet ek die uitdaging van die voorgeskrewe, uiters beperkte struktuur. Ek het my streng bepaal by die 17 lettergrepe, hoewel ek ander sogenaamde “haikoe­reëls” bewustelik oortree. (Daar is lang lyste reëls waaraan jy jou nie hoef te steur as jy nie wil nie.)

’n Deel van die uitdaging is dat die leser of toehoorder nie bewus moet word van ’n stryd om aan ’n vaste vorm te voldoen nie. Dit moet net natuurlik klink.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment